Vir die Linkses

Op Dinsdag, 13 Augustus 2019, het die wêreld hulde gebring aan die linkshandige mense wat uit so om en by 10% van die wêreldbevolking bestaan. Die “southpaw” soos wat ons almal in Engels bekend staan. Die term “ons” beteken ook dat ek ook deel is van die 10% wat ook ‘n pen of potlood of mes of vurk sal vashou met haar linkerhand. Ja, ek is linkshandig en raar as die virtuele wêreld op jou rekenaar, of foon, of tablet dit so kan stel. Dit beteken nie dat ek op enige goeie dag iets is van die duiwel is nie, soos mense in die donker tydperke verstaan het nie.

Die linkses moet ongelukkig en meestal aanpas by die aspekte van die regshandige mense. Skryfbehoeftes soos skerre is gemaak vir die regshandige mense. Rekenaar toerusting soos die muis is ook gemaak om vir die regshandiges te werk. Ek is genadiglik geseend dat ek kan sny (en hopelik reguit ook) met my regterhand en ek gebruik die muis met my regterhand, maar somtyds kry ek dit reg om die rekenaar se muis te gebruik met my linkerhand ook, wanneer ek besig is op die telefoon of met iets anders. Anders as dit skryf ek met my linkerhand totdat daar blou of swart inkmerke oorbly op my linkerhand.

As ‘n linkshandige kind was dit moeilik vir my om aan te pas op ‘n manier. Die onderwysers het my ‘n harde tyd gegee en een van hulle het my skoolhandboeke summier aan my regterkant gesit en dit terwyl ek so gewoond geraak het dat dit aan my linkerkant was. Ek het sowat 7 of 8 jaar gelede op ‘n skoolrapport afgekom waar die onderwyseres my goeie punte gegee het vir harde werk en toewyding, maar ongelukkig vir my nie so ‘n goeie merk gegee met my potlood greep nie want dit was volgens haar “onkorrek” gewees. Dit is my effens seergemaak toe ek dit lees, maar genadiglik het my ouers my nie gedwing om regs te skryf of my greep op die potlood te verstel nie.

My potlood greep is nogsteeds nie korrek nie, maar dit pla my wraggies nie want ek kan letters en syfers neerpen soos enige ander normale mens op hierdie planeet. Ek kan darem hierdie inskrywing ook skryf totdat my kant van die hand blou is van die blou pen wat ek vashou.

Ek is in baie goeie geselskap wanneer dit kom by die linkses. Barack Obama, Prins William en Oprah Winfrey is mense wat hul handtekening met hul linkerhand maak, asook Bill Gates en Benjamin Franklin. Ek is in meer goeie geselskap om te weet dat van my familielede en vriende ook linkshandig is.

Ons linkses is skaars, maar kreatief, kunstig, talentvol en slim. Ons is maar ‘n “rare spesie” in ‘n wêreld van die regshandiges, maar ons is deel van die wêreld. In die ou dae was daar gediskrimineer teen ons, maar in vandag se tye is dit heel normaal om linkshandig te wees. Ons verdien so ‘n dag soos die 13de Augustus om ons uniekheid te vier aan wêreld.

Advertisements

Meghan Cremer

Dit is vandag 9 Augustus 2019. Vrouedag word op hierdie dag in Suid-Afrika gevier. Gewoonlik op so ‘n dag vier ek dit met koffie, sjokolade, so vier of vyf chick flicks en ‘n inspirerende boodskap of twee op sosiale media platforms. Ek doen my deel om elke vrou spesiaal te laat voel met mooi boodskappe en bemoedigende woorde. Dit gee vir my die aanmoediging wat ek soms nodig het om deur enige iets te kom waardeur ek gaan.

Ek glo vroue speel ‘n baie groot rol in Suid-Afrika. Hulle is ons moeders, susters, niggies, oumas en vriendinne. Hulle is ons onderwysers, verpleegsters, dokters, prokureurs, en mense wat sal uitgaan om ‘n verskil in mense se lewens te maak wat nie baie het in die lewe nie. Daar word meer en meer gesê dat Suid-Afrika baie meer sterk vroue nodig het om vegters te wees en vas te staan vir waarin hulle glo.

Vir my was gister nie ‘n baie aangename dag nie. Als wat kon skeefgeloop het, het skeefgeloop. Dank die Vader dit is ‘n vakanasiedag, het ek vanoggend gedink toe ek my oë oopgemaak het agtuur. Ek het darem ‘n goeie nagrus gehad na ‘n baie slegte dag. Dit is een troos daaraan verbonde. Maar ongelukkig kan ek nie my slegte dag vergelyk met diè van Meghan Cremer se familie en vriende nie. Want Meghan is nie meer met ons nie. Sy is nie meer met die vroue van Suid-Afrika nie.

Meghan lyk is gevind Donderdagoggend in ‘n vlakgraf by Philippi, Kaapstad nadat sy op 3 Augustus vermis geraak het. Haar motor is ‘n paar dae nadat sy vermis geraak het, gevind met drie verdagtes wat in hegtenis geneem is. Die drie verdagtes het intussen in die hof verskyn Donderdag nadat haar lyk gevind is.

Ek doen nie hierdie inskrywing omrede dat ek ‘n baie slegte dag gehad het nie. Die stukkie raad van dat jy eers moet diep asemhaal, wag en bid voordat jy woorde spreek of skryf is gewoonlik baie waar, dus hoekom ek vandag gebruik om dit te skryf. Om dinge net bloot uit ‘n beter perspektief te skryf.

Ek was gister baie onsteld gewees oor die nuus van Meghan se moord. Baie kwaad. So kwaad dat ek myself op sosiale media gewend het en die drie moordverdagtes slegte dinge toegewens het. Dit is beslis elke Suid-Afrikaner se gevoel vandag en ook gister gewees toe die nuus bekend geword het. Ek was net baie kwaad gewees omdat ek op daardie tydstip gevoel het dat dit een vrou net te veel gewees het.

Ek het vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd die gevoel van haat ervaar. Van moedeloosheid. Van magteloosheid. Elke negatiewe gevoel wat jy ooit kan aan dink het ek ervaar. Laas toe ek die gevoel van haat ervaar het was toe Courtney Pieters se lyk op 13 Mei 2017 in Epping gekry het. Ek het ook op daardie dag nie juis ‘n goeie dag gehad nie want dit was op die dag veertien jaar vantevore dat ek byna my lewe verloor het in ‘n inbraak in my ouerhuis.

Philippi, waar Meghan se lyk gevind is, is basies ‘n klipgooi van my af. Ek bly nie so ver van die area af nie. Die feit dat Meghan vermoedelik in die area vermoor is het my bang gemaak eers. Dit het my laat besef dat elke jong vrou, soos ek basies nog baie weerloos is en ‘n maklike teiken daarby ook. Almal is weerloos in Suid-Afrika. Daar is geen uitsondering nie.

Meghan Cremer se moord het die hele Suid-Afrika geskok. Nie net vir my of net ‘n paar mense nie. Ek bedoel almal. Almal is kwaad. Vroue is bang en voel baie weerloos. Almal is woedend. Almal is hartseer. Dit was vir ons almal net een slagoffer te veel gewees. Ons almal sal nooit veilig kan voel as ‘n jong, pragtige vrou met die naam van Meghan Cremer ‘n baie duur prys betaal het nie. Mans en vroue.

Die nuus van haar moord maak dit ongelukkig baie moeilik om vandag Vrouedag te vier in Suid-Afrika. Die moord van elke vrou in Suid-Afrika maak dit moeilik om die dag te vier. Die realiteit is dat ons as vroue stelselmatig vordering gemaak het, maar nogsteeds en sal altyd ‘n baie duur prys betaal want ons almal kan nie eintlik sê dat ons vry voel in ‘n land soos Suid-Afrika nie. Ons was nooit daardie voorreg gegee om vry te kan voel as ons elke keer oor ons skouers moet loer of agter hoë mure moet bly vir veiligheid nie.

Moenie my verkeerd verstaan nie. Ek sal nogsteeds die dinge doen wat in my eerste paragraaf genoem is. Koffie drink, sjokolades eet en films kyk wat handel oor sterk en onafhanklike vroue, maar dit sal ek doen met ‘n baie swaar gemoed, want daar is vroue vandag wat nie daardie voorreg sal hê om dit te doen nie.

Meghan Cremer

In Haar Skoene

Ek dra ‘n grootte 6 skoen elke dag. Of ek plathak skoene dra, of hoë hak skoene wat vir my die grootste ongemak besorg en my laat loop soos ‘n eend, die grootte bly dieselfde ongeag watter skoen ek besluit om te dra. Die fliek, In Her Shoes, leer almal een van die waardevolste lesse van die lewe. Om altyd ander mense se lewens in perspektief te sien. Dit kan ‘n vriendin wees wie se kêrel haar afgesê het, of jou suster of niggie wat haar werk verloor het of ‘n nuwe hoofstuk begin in haar lewe. Almal het ‘n perspektief oor hoe die lewe werk. Of hoe ons die lewe sien. Altyd.

Ek moet sê dat dit moeilik was vanjaar om my skoene te loop hierdie jaar. Ek het ‘n vriend aan kanker verloor. Ek het my geliefde Jack Russel verloor ook. En bo als dit, moes ek vir ‘n operasie gaan in Mei om al vier my verstandtande te laat verwyder. En soos ek nou lê in my bed, het ek ligte griep wat my platgetrek het Vrydagoggend. Dinge het nie goed gegaan nie hierdie jaar nie, maar vandag gaan dinge aansienlik beter met my, ten spyte van die griep.

Dit sou vir mense moeilik gewees het om in my skoene te loop Dinsdag. Ek was vasgevang in die stormreën wat Dinsdag die Kaap gewoed het. My broek was sopnat gewees. Nog erger, my nuwe tekkies was sopnat gewees tot in my voete en ek moes vir byna ‘n uur loop met nat skoene en al. Gelukkig het ek ‘n ekstra paar skoene byderhand gehad. Dit was ongemaklik en koud gewees. Ek het die hele dag koud gekry weens die reën en koue. Ek het dit gehanteer met bekers warm tee.

Die bogenoemde is net ‘n vergelyking oor hoe moeilik dit is om in mense se skoene te loop. Dit is somtyds net ongemaklik en glibberig. Koud en al wat jy wil doen is om van skoene te verander om warm te bly, en dit saam met jou droeë klere. Dalk is jy ook lus vir daardie warm beker koffie of tee. Mense se peespektiewe werk ook so. Soms is dit warm. Soms is dit koud.

My perspektief van die lewe werk so. Ek sien dinge anders as wat sommige mense dit sal sien. Suid-Afrika is vrot van die korrupsie, misdaad, die swak ekonomie en stelsels wat nie altyd op ‘n korrekte manier gebruik nie. Plaasmoorde is ‘n ernstige probleem, asook die bendegeweld in die Kaapse vlakte. Ek lees nie net van die geweld in die plaaslike media nie, maar ek hoor dit van mense wat ek baie goed ken.

Die moorde op ons kinders is nog ‘n baie ernstige probleem wat aandag nodig het, en dit is nie net om daarvan te lees in die media nie, maar om daadwerklik iets daaromtrent te doen. Ek is van daardie mening dat elke liewe mens in Suid-Afrika deur misdaad geraak word. Die stelling word nie altyd baie goed ontvang nie en dit was ongelooflik hoe ek kras gekritiseer was daaroor. Maar, elke mens sien dinge vanuit ‘n ander perspektief.

Elke mens, ongeag sy agtergrond of wat sy of haar geskiedenis is, verdien liefde en respek. Niemand is beter as enige iemand anders nie. Ek het maaande terug dit genoem in ‘n blog Plekkie in die Son en ek staan by daardie punt. Daar is mense wat sal verskil van menings. Daar was ‘n tyd dat ek al gekritiseer was oor my stellings sonder dat die mense eintlik my perspektief probeer verstaan. Dit is nou okay met my, alhoewel dit nie eintlik was ‘n paar maande terug was nie.

Elke mens sien dinge verskillend. Hulle voel dinge verskillend. Hulle aanvaar dit so. Hulle het ‘n perspektief van dinge en leef daarvolgens. Ek het my perspektief. Ek sien ander mense se perspektief en dink somtyds dat dit nie altyd maklik kan wees om in hul skoene te loop nie. Dit is nooit maklik om in mense se skoene te loop wat swaargekry het nie. Ongelukkig is daar mense wat dit nie altyd verstaan nie. Want mense het net daardie tonnelvisie oor sekere dinge. Mense se skoene is ongemaklik om in te loop, want hul waarheid is ongemaklik vir ander mense om te aanvaar.

Spore

Ons almal los diep spore in ander se lewens. Ons almal gaan op ‘n reis waar ons almal diep spore trap en mense onthou vir al die goeie dinge wat jy in jou lewe al gedoen het. Of jy nou ‘n verskil gemaak het in een mens se lewe, of ‘n honderd of selfs ‘n duisend. Mense vergeet dit nooit.

Daar is nie ‘n dag wat verby sal gaan dat ek wonder of ek ‘n verskil in mense se lewens gemaak het nie. Of wanneer ek eendag Moeder Aarde sal verlaat met die gedagte dat ek diep spore getrap het in mense se lewens nie. Dan dink ek aan die dag.

Dit was net een dag gewees waar ek ‘n kind se dag opgekikker het toe ons vir die bus gewag het oppad huistoe. Ek dink die baba is omtrent een jaar oud, of dalk jonger. Ek en hy het tydens die wag van die bus speel-speel vir mekaar high fives uitgedeel terwyl hy uit sy magie gelag het vir my. Hy het ook skaam vir my gewaai.

Dit het my ook goed laat voel om net die kind se dag ‘n bietjie helder te maak. Hy het ook op ‘n manier my moeilike dag vol uitdagings ‘n bietjie beter laat lyk met sy lagie en skaam kyke. Om net daardie verskil te maak in die kind se lewe het vir my goed laat voel.

Want ‘n vriendelike glimlag kos absoluut niks. Dit maak ‘n verskil om net een glimlag aan ‘n persoon te gee as sy of haar dag nie so lekker was nie. Dit los diep spore in ‘n persoon se herinneringe van jou as mens. Jy trap diep spore in mense se lewens as jy net die eenvoudigste daad doen. En dit is al wat saak maak in die lewe.

Die Grootmens Ding

Baie geluk met jou verjaarsdag. Jy is ‘n volwassene so jy is nou mooi groot om grootmens besluite te neem. Om soos byvoorbeeld vir jouself ‘n standvastigte werk te kry, ‘n betroubare karretjie te kry wat jou van punt A tot punt B te kry, ‘n woonstel te huur waar jy jou eie potjie moet krap en wie weet, jouself ‘n lewensmaat te kry met wie jy sewe sakke sout eet en kinders te kry wat nogals ‘n handvol is. Dit verg vir jou om ‘n huis te koop en saam met jou lewensmaat kinders groot te maak en jou baie hard te werk en opofferings te maak en so aan en so aan. Jy weet, jy is mos nou ‘n grootmens so gedra jou soos ‘n volwassene wanneer die lewe teen jou draai.

Wel, my lewe het nie so uitgewerk nie. Op 21 jaar oud was ek amper nie hier om ‘n rêrige volwasse lewe te lei nie. Dit was deur ‘n traumatiese ervaring amper van my weggeneem. Maar sestien jaar later is ek, met die genade van bo, nogsteeds hier en dankbaar daarvoor. My lewe het nie uitgewerk soos dit moet nie. Ek is nie getroud nie. Ek het nog nie daardie droom huis waarvan meeste mense droom nie en my enigste vorm van kinders is honde wat ek myne kan noem. Die lewe is nie een feëverhaal nie. Dit kan enige mens oorvertel.

Ja, die lewe het my hard geklap, maar hulle sê altyd hoe jy opstaan is al wat saakmaak. Ek het opgestaan soos Phoenix vanuit die As en die lewe teruggeklap. Daar is dae dat ek dit doen want om te bly lê en myself jammer te kry is nie ‘n opsie nie. Nooit nie.
Maar daar is net dae wanneer ek oor hierdie volwasse lewe is. Ek wil die klok terugdraai by ‘n tyd waar ek nie kon verstaan hoekom die lewe so ‘n bliksem is wat net die energie uit my uitsuig en my dreineer nie. Ek wil net ‘n kind wees waar die lewe uit sandkastele bestaan en eenvoudig is. Ek wil net ‘n kind wees want dinge in die lewe is soms net soveel makliker uit ‘n kind se oogpunt uit.

Soos byvoorbeeld wil ek net animasie rolprente kyk en Bubbles chips eet totdat ek siek raak daarvan. Ek wil vir twaalf ure aaneen sonder die vooruitsigte van ‘n wekker wat my herinner dat ek realiteite in die gesig moet staar en harder werk sonder om te voel asof ek verdrink. Ek wil net soos ‘n tiener slaap tot tienuur toe Saterdae oggende sonder om skuldig daaroor te voel. Ek wil my radio op full blast sit en my longe uitsing op Paramore en Karen Zoid songs sonder om myself te bekommer wat die bure oor my musiek smaak en hoekom ek soms nie by noot kan hou nie.

Ek weet daar bestaan nie so iets soos ‘n tydmasjien nie waat ek in tyd kon teruggaan en net ‘n kind kon wees nie. Om ‘n grootmens te wees is moeilik. Dit is hard. Dit kom met goeie tye en slegte tye. Gelukkigheid en ongelukkigheid. Blydskap en hartseer. Om ‘n grootmens te wees is soos om op ‘n rollercoaster te wees. Om ‘n grootmens te wees kom met lewenslesse. Dit kom met foute waaruit jy moet leer. Dit kom met waardering met die besef dat daar jongmense is wat nie eens hul volwassenheid en potensiaal wat daarmee saamkom, bereik nie.

Ek weet soms diep binne-in my wil ek net daardie vloermoer gooi en ten hemele skree oor hoekom die lewe so frustrerend is. Dit is, veral as ek moeg is na ‘n aand van min slaap en die verkeer oppad huistoe jou weerhou om tyd saam met jou familie te spandeer of net wanneer jy net vir een aand vroeg wil inkruip, maar die slaap wil nie kom nie. Of wanneer ek net ‘n moeilike dag by die werk gehad het.

Maar dan besef ek net weer net een ding. Ek lewe net een keer. Dit is my keuse en myne alleen hoe ek dit leef. As ek hard val, hang dit net van my af hoe ek opstaan na daardie val. Dit is my keuse hoe ek teleurstellings en terugslae hanteer. Ek kan in ‘n hoekie sit en myself jammer kry of opstaan, die stof afskud, my kroontjie regruk en die bul by die horings pak. Dit is bloot net my keuse hoe ek probleme gaan oplos. Gaan ek sink of swem? Wanneer die lewe jou onderkry, hou aan met swem. Dit is seker maarnet nog ‘n lewensles vanuit ‘n animasie film met die naam van Finding Nemo. Tog bring ‘n kinderfliek tog ‘n belangrike lewensles oor ons pad in ‘n vorm van ‘n blou vis, Dory.

Om ‘n grootmens te wees kom met lewenslesse en keuses. Dit bepaak ons lewenspad vorentoe. Ons moet dit leef met die hoop dat ons snags goed kan slaap en jouself in die spieël kan kyk. Om ‘n grootmens te wees in ‘n wêreld wat bereid is om jou hard te kalp, is moeilik, maar hou net aan met swem.

Tannie Miena

Tannie Miena woon in ‘n klein dorpie diep in die Karoo saam met haar man, wat nou vir meer as vyftien jaar al afgetree is. Haar kinders het almal stad toe getrek en sy sien hulle net een keer per jaar met Kersfees en nuwe jaar. Tannie Miena en haar man is al in hul sestigs, gaan elke Sondag kerk in hul Sondag beste, dien die Here en leer van vergifnis. Elke Sondag.

Sondag na kerk gaan Tannie Miena ook na die dorpie se Spar toe om die nodige bestanddele te koop vir ‘n nuwe resep wat sy in die Rooi Rose gesien ‘n week of twee gelede gesien het. Dit is sommer net vir nagereg. Elke Sondag middag het sy en oom Dolf ‘n groot maaltyd. Of dit nou lampsboud is of hoender met gebraaide aartappels, boontjies, blomkool en reis, sy moet groot gaan, al is dit net vir die twee van hulle.

In die Spar loop Tannie Miena tussen die rakke deur. Sy soek na die meel en versiersuiker, wat net langs die blikkies ertjies en boontjies is. Hierdie Spar is nie baie georganiseerd nie, dink sy. Maar voor sy kon verder dink aan hoe deurmekaar die winkel is, sien sy die jongman met die tattoo op sy regte arm wat met ‘n trollie vol Blue Ribbon witbrode en blikkies kos staan. Die nuus lê die dorp vol dat hierdie jongman net moeilikheid is en al agter trallies was vir winkeldiefstal en huisbraak. Sy wat Tannie Miena is het nooit met die man gepraat nie, maar wens hy het amper nooit sy voete in hierdie dorpie gesit het nie. Hy spel net moeilikheid en pa’s sal hul dogters moet beskerm teen hierdie outjie. Sy loop verby hom sonder om hom te groet of oogkontak te maak.

Sy loop so vinnig as moontlik verby hom dat sy byna teen nog ‘n trollie vasloop en amper Bybel laat val. Binne-in die trollie sit ‘n klein dogtertjie. Sy skat die dogtertjie so twee jaar oud, miskien ‘n bietjie jonger. Die dogtertjie sit en staar na haar met groot bruin oë aan, met haar donkerbruin hare wat effens deurmekaar op haar kop is. Die dogtertjie se Moeder is nie baie vêr van haar af nie. Sy is besig om pryse van melk te vergelyk en besluit op die 1.5 Liter Clover melk. Die Ma kyk rond asof sy soek waar die brood is. Of dalk soek sy die maalvleis. Die dogtertjie raak onrustig en die Ma stap na die dogtertjie toe. Die Ma lyk hopeloos te jonk om ‘n ouer te wees, dink Tannie Miena en kyk die Ma en dogter met ‘n frons aan. Waar is die pa van daardie dogtertjie, of wie is die pa van daardie dogtertjie, vra die ou tannie diep ingedagte. Wat is die jong vroutjie se storie?

Tannie Miena sit al die nodige items in haar mandjie en loop so vinnig as moontlik na die kassiere toe om vir dit te betaal. Die vriendelike Afrika dametjie lui haar items op en probeer klein geselsies maak met Tannie Miena. Tannie Miena mompel nors na die vroutjie. Die kassier is ten spyte van die norse houding, nogsteeds vriendelik met Tannie Miena en wens haar ‘n heerlike Sondag toe. Tannie Miena loop verby die Moeder en haar kleindogtertjie waar hulle staan by die fire grill en wag vir die Pannekoek. Tannie Miena stap na haar karretjie toe, wat so sukkel met die battery en enjin. Sy laai haar bestanddele in, met die hulp van die vriendelike kar wag. Tannie Miena bedank hom kortaf, sonder om hom ‘n rand of twee te gee vir sy hulp.

Tannie Miena dink aan die preek wat Dominee Venter vanoggend gelewer het. Dit het basies gegaan oor medemenslikheid en dat niemand mag die persoon wat langs jou sit in die Kerk mag oordeel nie, maar lief wees vir jou medemens. Sy lees alweer die teksverse wat Dominee Venter gelees het in die Bybel. Romeine 12 Vers 16 – 18. Sy mompel ‘n Amen nadat sy weer gebid het voor sy haar karretjie aan die gang kry, want netnou wonder Oom Dolf wat van haar geword het.

Wat Tannie Miena nie besef nie. Daardie jongman, Jake, het as tiener aan dwelms verslaaf geraak wat amper sy familie se lewens verwoes het. Hy het vir ‘n paar jaar daarna sy ouers vir vergifnis gesmeek en sy lewe reggeruk. Hy het by die kerk aangesluit en sy hart vir die Here gegee. Vandag is Jake ‘n jeugberader wat jongmense soos hy help met probleme soos verslawing. Jake was juis vanmiddag kos by daardie Spar gekoop waar Tannie Miena elke Sondag gaan vir ‘n jeugkamp wat hy beplan om vir die jongmense in die dorp te herinner dat daar altyd hoop is na verslawing en depressie en dat dit nie die einde hoef te wees nie.

Tannie Miena besef nie dat die jong Moeder en haar dogtertjie alleen die mas moet opkom nadat die dogtertjie se pa haar verlaat het vir nog ‘n vrou. Daardie jong Moeder werk baie hard en vir baie lang ure by die plaaslike Spur om kos op die tafel te sit en ‘n dak bo hul koppe, terwyl sy snags studeer om ‘n beter lewe vir haar dogtertjie te bied.

Daardie vriendelike kassier wat Tannie Miena gehelp het om die meel en suiker in die plastieksakkie te sit, moet haar ouers finansieël uithelp met als wat sy het. Sy het ook ‘n jong kind wat nou op skool is en doen als in haar vermoë om haar jong seun in die skool te hou om vir hom die beste opvoeding te gee wat sy nooit gehad het nie.

Die vriendelike kar wag is ‘n student wat studeer om ‘n onderwyser te word, want hy wil ‘n verskil maak in die lewens van kinders wat ‘n goeie opvoeding nodig het en ‘n beter toekoms verdien. Sy ouers kan nie bekostig om sy klasgelde te betaal nie, so hy pas motors op vir ure aaneen vir ‘n droom wat hy vasberade is om waar te laat word.
Ongelukkig is daar mense soos Tannie Miena wat altyd sal oordeel aan die uiterlike sonder om die werklike persoon agter die mens te ken. Mense soos Tannie Miena sal met ‘n Bybel onder die arm oordeel, maar nooit besef wie die persoon werklik is nie.

Agter elke gesig is ‘n storie. Of dit nou van geluk is of van hartseer, pyn en trauma. Elke liewe persoon het ‘n storie om te vertel. Somtyds lê die storie vir jare aaneen verberg, en niemand anders weet ooit die volle waarheid nie. Dan kry jy mense wat nie bang is om hul storie met almal te deel nie.

Die les agter die storie is altyd so. Jy sien dalk ‘n gesig, of iemand met hartseer in sy oë, maar niemand het daardie reg om te oordeel nie. Niemand mag oordeel aan die kleredrag wat meisies in vandag se tye dra nie, of daardie tattoo in mandarin aan ‘n jongman se regte arm nie. Of hoe daardie persoon se presiese houding is op daardie dag nie. Jy sien die gesig, maar ongelukkig vir jou ken jy nie die werklike storie agter die gesig nie.

Silver Lepel

Ek kan onthou as kind het ek altyd in die trollie gesit of langs my ma gestap terwyl sy die maandelikse inkopies gedoen het in die Hipermark sommer om die draai van ons. Die beste deel van daardie inkopietogte was dat sy altyd vir ons die pak lekkers gekoop het. Die goue reël was ek en my ousus elkeen twee lekkers kon kry net na aandete, en nie voor dit nie, nie eens met middagete nie. Maar na aandete. Ek kan ook onthou hoe ek elke keer my kanse afgewaag het in die winkels om net ‘n Bar-One sjokolade te kry, maar met my Ma se waarskuwing-kyke het ek geweet dat ek nie ver sal kom nie, nie eens met ‘n vloermoer of twee in die lang lyne waar my Ma vir die inkopies moes betaal nie.

Die rede hoekom ek hierdie kinderdae herinnering opbring en dit sit op hierdie inskrywing is die feit dat Thomas nogsteeds in my gedagtes woed. Vir diè wat nie weet wie presies Thomas is nie, laat ek julle ‘n bietjie oor hom vertel. Thomas is nie my kêrel nie. Hy is nie ‘n vriend van my uit my kinderdae nie. Hy is nie ‘n kennis van my nie en laastens is Thomas geensins familie van my nie. En dankie tog daarvoor.

Thomas is ‘n student van Johannesburg wat sy eie ma, Louwna, dagvaar vir onderhoud. Hy dagvaar haar ondermeer vir klasgelde, sakgeld en ‘n bietjie ekstra vir ontspanningsaktiwiteite wat altesame R14 655 per maand kos om en by. Wel, dit is hoeveel Thomas wil hê om gemaksugtig te lewe sonder om eintlik daarvoor te werk.
Ek het hierdie artikel gelees wat op News24 se webblad verskyn en gedink dat Thomas een ondankbare skepsel is. En vandag dink ek hy is nogsteeds. Daar het ook daardie gedagte by my opgekom dat as ek my ouers moes dagvaar vir onderhoud, was ‘n silver lepel gouer vervang met ‘n houtlepel as wat Usain Bolt oor die wenstreep sou hardloop.Want die lewe werk so. Jy werk vir die dinge wat jy wil hê.

Jy werk jou agterent af om huur te betaal, jou kar af te betaal, die maandelikse rekeninge te betaal en te sorg vir die basiese benodighede. Dit is mos basiese logika van die lewe wat geen volwassene kan omseil nie.

My ouers het baie opgeoffer toe ek ‘n kind was. Hulle het baie opgeoffer om my deur skool te kry, om my deur kollege te kry, my te beskerm teen gevare van die lewe en kos op die tafel te sit. My ouers het vir my net die beste gegee wat enige kind voor kon vra en ek is elke dag dankbaar daarvoor. Ek kan onthou hoe hulle my versorg het na my operasie hierdie jaar en glo my, ek is dankbaar daarvoor vir hul bystand, sorg en liefde.

Ek was nie met ‘n silver lepel in die mond gebore nie en ek het nie daarmee grootgeword nie. Ek was baie gelukkig om net ‘n kind te kon wees wat buite in die sand en gras te kon speel en rond te hardloop, sorgvry en gelukkig. My ouers het my aangemoedig en ondersteun tydens my hoërskool jare en ek kon nie sonder hulle in daardie jare van groeipyne nie. My ouers het my net daardie skop in die rigting gegee om te werk vir die dinge wat ek wil hê en my aangemoedig om nie op te gee nie. Dinge het nie verniet na my toe gekom nie. Dinge kom nogsteeds nie vandag verniet in my rigting nie. Ek moet werk en damn hard ook om dinge te hê wat ek wil hê.

Thomas is uit my oogpunt uit ondankbaar en besef nie watter opofferinge sy Ma moes maak nie om die lewe te gee wat enige kind kon van droom. Die lewe waar hy kan universiteit toe kan gaan en die droom loopbaan te hê waarop elke ouer sou trots wees. Dit is al wat dit behels om te sê. Thomas is ondankbaar en in ‘n groot skaal ‘n bedorwe brokkie. Thomas sal ook eendag hard neerbliksem wanneer die geldtrein vir hom wegry en besef dat hy moet werk om homself te onderhou.

So Thomas. Veronderstel jy kry nou ‘n werk en daardie salaris is nou R14 655.00 op die kop. Jy moet huur betaal vir jou huis of woonstel, water en elektrisiteit betaal, jou kar afbetaal, en moenie vergeet van die basiese benodighede nie. Jy weet, die dinge wat elke liewe grootmens doen om aan die lewe te bly. Jou ma weier om jou verder finansieël uit te help want jy is mos nou standvastig. Wat gaan jy dan doen? ‘n Prokureur nader trek met die hoop dat nog ‘n geldtrein in jou rigting kom en jou uithelp met ‘n bydrae of twee om jou gemaksugtigheid aan te help?

Die lewe werk nie so nie. Jy moet op jou eie twee voete staan, in jou eie potjie krap en jouself van punt A tot punt B kry. Die lewe is hard. Glo my vry, jy is maar net ‘n student. Jy gaan op ‘n baie harde manier uitvind presies watter bitch die lewe is.

Maar die lewe skuld jou absoluut niks nie. Nie eens R14 655.00 onderhoudsgeld nie.

Woorde

Hoekom ek blog? Wel, dit is vir my ‘n uitlaatklep van al my emosies en gevoelens, goeie en slegte tye, hartseer tye, gelukkiger tye. En somtyds blog ek net oor die algemene onderwerpe wat ons lewens vandag affekteer. Die goue reël is ook altyd wees versigtig wat jy als kwytraak want ek sal altyd sê dit sal jou byt in die agterent wanneer jy dit die minste verwag. Nog ‘n goue reël van die virutele wêreld is tel jou woorde wanneer dit by inskrywings doen op sosiale media. Vra maar vir Steve, Donald en sommer vir Julius Malema ook.

Ek weet woorde het daardie effek op mense. Dit kan seermaak of dit kan ‘n positiewe impak op mense hê. Woorde kan net daardie verskil maak in mense se lewens. As jy mense op ‘n positiewe manier wil beïnvloed moet jy darem ‘n positiewe welstand hê. So eenvoudig soos dit. Dit gaan nie help jy gaan op ‘n platform soos twitter en dreig vroue met hul lewens nie. Vra maar vir Steve hoe daardie ene vir hom uitgewerk het. Dit help ook beslis dat jy mense aanmoedig om witmense in Suid-Afrika uit te moor nie. Vra maar vir Juilus Malema hoe daardie stelling mense die moer in gemaak het nie.

Woorde bou mense op tot hul volle potensiaal, maar het net daardie nare manier om af te breek wanneer mense dit die minste verwag. Daarom as jy nie iets positiefs teenoor iemand anders kan sê nie, bly eerder stil. Woorde kan nie ongedaan gemaak word as dit al klaar gesê is nie. Woorde op sosiale media is maar moeilik om uit te vee want vandag leef ons in die wêreld van slimfone en skootrekenaars waar skermgrepe daardie woorde verewig en vir altyd teen jou gehou kan word, al het jy dit uitgevee van jou twitter of facebook blad weke of selfs maande gelede.

Voor ek werk aan my inskrywing dink ek altyd of ‘n sekere onderwerp die regte idee is. Ek werk uit hoe ek my woorde gaan gebruik sonder om mense werklik kwaad te maak. Ek werk aan my inskrywing met die hoop mense verstaan waar ek vandaan kom in sekere situasies. Ek is meer subtiel as ek eintlik moet wees wanneer dit kom by my inskrywings want dit is soveel beter as om dae daarna vure dood te slaan. Dit werk nie altyd uit soos dit moet nie, maar somtyds dink ek dit is nie my probleem as mense my inskrywings verkeerd verstaan nie. Soms moes ek in die verlede die streep trek en myself verdedig. Maar ek glo vandag dat daardie laasgenoemde deel in die verlede is, of altans ek hoop so.

Ek sal erken as ek sê ek het ‘n joernaal opgesluit iewers in my huis waar ek al my gevoelens neerskryf en opgesluit hou waar niemand behalwe ek dit kan sien nie. Die goeie voordeel daarvan is die woorde wat jy skryf word nie geoordeel nie. Dit klink simpel maar ‘n joernaal verstaan. Ek hou ‘n joernaal of dagboek aan om oor al my positiewe en negatiewe ervarings te skryf, om oor die goeie en slegte dae te skryf. Dit word gedoen om bloot net die gif uit my sisteem uit te kry, en sommer ook om goeie herinneringe te maak. Ek skryf juis in my joernaal want somtyds is dit ‘n baie beter plek as om dit op sosiale media te los en berou te hê oor my woorde.

Om woorde uit pure woede en frustrasies te los op ‘n blog, of ‘n sosiale media platform, of iewers op die internet waar duisende, en ek bedoel duisende mense dit kan sien in die kuberrruim kan sien is nooit, en ek bedoel nooit die beste idee wat jy, en enige iemand anders kan hê nie. Maak darem soos ek en hou ‘n joernaal. Ek kry ‘n slaansak en haal jou woede en frustrasies daarop uit. Maar moenie woorde spreek vanuit ‘n plek van woede en verwag dat mense die rooi tapyt vir jou gaan uitrol nie.

Ek probeer baie hard om positief te bly oor alles in die lewe. Dit is nie maklik nie. Ek raak woedend en moedeloos oor die verkeer elke aan oppad huistoe, veral as ek min slaap ingekry het die vorige aand en as ek so moeg is, mense kan met my toor. Ek raak moedeloos as ek lees oor die moorde en korrupsie in die land. Ek raak gatvol as daar elke keer ‘n News24-Edge berig op my foon verskyn oor die Zondo kommissie en staatskaping. Ek verstaan dat dit moeilik is.

Ek probeer ook om hierdie blog positief te hou, en ek hoop van harte dit het ‘n positiewe impak op mense. As jy woorde spreek in die virtuele wêreld, maak net baie seker dit kom vanuit ‘n goeie plek in jou lewe. Anders gaan jy met probleme sit wanneer woorde die ergste nagevolge kan inhou vir jou as mens.

Die Nuutste Dit en Dat

Ek is net daardie persoon wat nie altyd verstaan waaroor mense so ‘n bohaai kan opskop oor soos byvoorbeeld die beste sokker span in die Engelse premier liga, of wat ook al dit genoem word nie. Of is dit die La Liga? Wat ook al hulle dit noem. Is Manchester United die beste span of is dit Liverpool? Help my verstaan asseblief.

Ek is nie ‘n groot aanhanger van Beyonce of Adele nie. Ek sal byvoorbeeld nou nie ten duurste betaal vir konsertkaartjies sou hulle beide by Kaapstad stadion optree nie. Alhoewel hulle beide goeie kunstenaars is en hul musiek vir my baie sin maak, sal ek nie eintlik die aand voor hul CD-vrystellings buitekant Musica slaap nie.

Ek volg nie die nuutste mode neigings nie. Jy sal my amper nooit dood kry in ‘n kitten heel of enige ander hoë hak skoen wat Woolworths in hul vertoonvenster ten duurste adverteer nie. Julle sal in elkgeval julself doodlag as julle moet sien hoe loop ek in hoë hak skoene, dit is nou te sê as ek daarin kan loop. Ek sal nie oor my voete val om daardie Gucci handsak te koop wat jy met jou hele salaris betaal nie. Ek lees ook nie tydskrifte om te verstaan watter diëet die beste vir jou gewig en lengte werk nie, as daar nou ooit so iets bestaan.

En as iemand my ooit vra of ek al die episodes van Game of Thrones gekyk het sal my antwoord hulle tot in hul diepste siel skok want ek het en sal ook nooit die reeks volg nie. Ek weet mense sal sê dat ek uitgemis het op diè beste reeks wat op Moeder aarde gemaak is, maar ek gee regtig nie om nie want ek verkies om Netflix reekse te volg, flieks te kyk en ‘n 600-bladsy boek te lees wat ‘n bietjie meer realisties lyk as ‘n populêre reeks.

Ek is ‘n aanhanger van Afrikaanse en Suid-Afrikaanse musiek, maar ek is nie eintlik Steve Hofmeyr se grootste aanhanger nie. Die man maak goeie musiek, maar dit is waar dit sal eindig vir my as mens. En vir my is dit nie die einde van die wêreld as ek ‘n aanhanger is van hom nie. Daar is net so baie goeie Afrikaanse kunstenaars in Suid-Afrika, soos Jo Black byvoorbeeld.

Jy sien, ek het my eie smake. Ek hou van die dinge waarvan ek hou soos om boeke te koop en baie te lees, of ek is eerder ‘n persoon wat eerder rugby sal kyk as om ‘n romantiese komedie of Game of Thrones sal kyk. Of ek is net iemand wat die reëls van krieket beter verstaan as om te probeer verstaan hoekom die nuutste Revlon maskara so effektief is op vroue se wimpers.

Ek volg nie die nuutste neigings, of reekse, of modes, of die nuutste eetplanne wat al daardie “onnodige” vet van jou lyf sal afskud nie. Ek is wie ek is. Die persoon wat my eie flippen neigings volg van net uniek en vreemd wees aan die wêreld. Ek volg nie die nuutste sosiale media inskrywings van hierdie sogenaamde Afrikaanse sangers nie. Ek weet helfde van die tyd nie wat aangaan in die Engelse premier liga nie en ek verkies om eerder in ‘n broek, ‘n mooi toppie en tekkies in die strate van Kaapstad rond te loop as om met hierdie sogenaamde kitten hakke te loop wat veronderstel is om vorm aan jou bene te gee? Wie de hel weet?

Ek hou van myself soos ek is. Dit is presies wie ek is. Ek het nie nodig om die nuutste neigings te volg om gelukkig te wees nie. Want as ek moes, sou ek ‘n vreemdeling vir myself gewees het.

As Musiek Begin Speel….

Dan is ek heeltemal in ‘n wêreld waar ek vergeet van my probleme en besef dat ek op die ou einde okay gaan wees. Daar is niks so lekker as om musiek te luister as ek oppad huistoe is na ‘n dag by die werk nie. Of om soos byvoorbeeld oor ‘n naweek my oorfone aan te hê en die rustige musiek maak my vergeet hoe hard en moeilik die lewe kan wees. Musiek maak net als okay in die wêreld.

Tydens my kinderjare het my ouers altyd ABBA en Neil Diamond geluister en ek moes noodgedwonge maar saam luister as ons almal oppad iewers heen was. Tydens my tienerjare het ek altyd geluister na boybands soos Backstreet Boys, Westlife en N*SYNC en ek het altyd vir Britney Spears en Madonna bewonder. Ek was maar ‘n tiener gewees wat gedink het dat ek van beter geweet het, tot ek my twintiger jare bereik het.

In my twintigs was daar net ‘n algehele verandering in my smaak van musiek en rock kunstenaars soos The Wallflowers, Live, Jimmy Eat World en The Calling het die wêreld vir my laat oopgaan. Ek het oor naweke na 5FM geluister totdat hulle in 2004 hul musiek lys verander het om die jeugmark te bereik. Ek was baie ongelukkig daaroor. In daardie jare was internet nie so bekostigbaar soos was dit vandag is nie. In daardie jare was dit moeilik om musiek te stream soos wat dit vandag is en in daardie jare was slimfone nie so bekostigbaar soos wat dit vandag is nie. So my enigste hoop was maar CD’s wat ek by Musica gekoop het en as die radio goeie musiek gespeel het, was dit ‘n bonus gewees.

My liefde vir Afrikaanse musiek het eers heelwat later begin met ‘n Afrikaanse radio stasie in Kaapstad begin was en nogsteeds bestaan. Maar voor dit was ek ‘n aanhanger van Karen Zoid en is vandag nogsteeds ‘n aanhanger van haar musiek. Ek het ook deur daardie fase gegaan waar ek na kunstenaars soos Zoid en Avril Lavigne geluister het, ten sptyte van die snaakse kyke wat ek van my familie ontvang het daardie tyd.

Die musiek wat vandag oor radios gespeel word se standaarde het wêreldwyd lelik geval. Daar is goeie kunstenaars, maar vandag sukkel ek om te verstaan hoekom radio stasies musiek speel waar die kunstenaar se lirieke nie altyd sin maak nie. Of soms sal ek sukkel om te verstaan hoe op dees aarde hierdie sogenaamde kunstenaar ‘n kontrak gekry het en dit terwyl daar so baie talentvolle kunstenaars op straathoeke staan en sing en nie die kans kry wat hy of sy verdien nie.

Vir my gaan musiek soms oor die lirieke waar vir my baie beteken as die musiek self. Soms moet die lirieke met my praat om my te laat besef dat daardie probleem wat oor my kop hang nie altyd die einde van die wêreld is nie. Of ek luister net bloot musiek om net rustig te raak na ‘n baie besige dag by die werk.

Vandag kan ek sê dank die Vader vir internet. En slimfone en google play en wat ook al moderne tegnologie aanbied want sonder dit was my wêreld ‘n plek waar ek na die radio moes luister om die stilte te verbreek en hoop dat hulle net goeie, kwaliteit musiek sal hoor. Maar ek kan net bly hoop meeste van die tyd. Of net my radio geheel en al aflos.

Op ‘n goeie dag soos vandag sal ek na kunstenaars soos Peter Bradley Adams, Crystal Bowersox, Jordan Brooker, Jo Black, Twee, Karen Zoid en Sheryl Crow luister. Baie van die kunstenaars wat hier genoem is se musiek word nie eintlik op radio stasies gespeel nie. Ander kunstenaars soos Karen Zoid en Jo Black se musiek word wel op radio stasies gespeel.

As ek my oorfone aansit en musiek hoor wat ek wil hoor, en nie wat die radio stasies dink ek wil hoor nie, is ek op my gelukkigste want dit is hierdie soort musiek wat my wegvoer na ‘n heel ander wêreld waar ek net kan vergeet van die probleme wat die lewe bring. En dit is goed en spesiaal genoeg.