Tannie Miena

Tannie Miena woon in ‘n klein dorpie diep in die Karoo saam met haar man, wat nou vir meer as vyftien jaar al afgetree is. Haar kinders het almal stad toe getrek en sy sien hulle net een keer per jaar met Kersfees en nuwe jaar. Tannie Miena en haar man is al in hul sestigs, gaan elke Sondag kerk in hul Sondag beste, dien die Here en leer van vergifnis. Elke Sondag.

Sondag na kerk gaan Tannie Miena ook na die dorpie se Spar toe om die nodige bestanddele te koop vir ‘n nuwe resep wat sy in die Rooi Rose gesien ‘n week of twee gelede gesien het. Dit is sommer net vir nagereg. Elke Sondag middag het sy en oom Dolf ‘n groot maaltyd. Of dit nou lampsboud is of hoender met gebraaide aartappels, boontjies, blomkool en reis, sy moet groot gaan, al is dit net vir die twee van hulle.

In die Spar loop Tannie Miena tussen die rakke deur. Sy soek na die meel en versiersuiker, wat net langs die blikkies ertjies en boontjies is. Hierdie Spar is nie baie georganiseerd nie, dink sy. Maar voor sy kon verder dink aan hoe deurmekaar die winkel is, sien sy die jongman met die tattoo op sy regte arm wat met ‘n trollie vol Blue Ribbon witbrode en blikkies kos staan. Die nuus lê die dorp vol dat hierdie jongman net moeilikheid is en al agter trallies was vir winkeldiefstal en huisbraak. Sy wat Tannie Miena is het nooit met die man gepraat nie, maar wens hy het amper nooit sy voete in hierdie dorpie gesit het nie. Hy spel net moeilikheid en pa’s sal hul dogters moet beskerm teen hierdie outjie. Sy loop verby hom sonder om hom te groet of oogkontak te maak.

Sy loop so vinnig as moontlik verby hom dat sy byna teen nog ‘n trollie vasloop en amper Bybel laat val. Binne-in die trollie sit ‘n klein dogtertjie. Sy skat die dogtertjie so twee jaar oud, miskien ‘n bietjie jonger. Die dogtertjie sit en staar na haar met groot bruin oë aan, met haar donkerbruin hare wat effens deurmekaar op haar kop is. Die dogtertjie se Moeder is nie baie vêr van haar af nie. Sy is besig om pryse van melk te vergelyk en besluit op die 1.5 Liter Clover melk. Die Ma kyk rond asof sy soek waar die brood is. Of dalk soek sy die maalvleis. Die dogtertjie raak onrustig en die Ma stap na die dogtertjie toe. Die Ma lyk hopeloos te jonk om ‘n ouer te wees, dink Tannie Miena en kyk die Ma en dogter met ‘n frons aan. Waar is die pa van daardie dogtertjie, of wie is die pa van daardie dogtertjie, vra die ou tannie diep ingedagte. Wat is die jong vroutjie se storie?

Tannie Miena sit al die nodige items in haar mandjie en loop so vinnig as moontlik na die kassiere toe om vir dit te betaal. Die vriendelike Afrika dametjie lui haar items op en probeer klein geselsies maak met Tannie Miena. Tannie Miena mompel nors na die vroutjie. Die kassier is ten spyte van die norse houding, nogsteeds vriendelik met Tannie Miena en wens haar ‘n heerlike Sondag toe. Tannie Miena loop verby die Moeder en haar kleindogtertjie waar hulle staan by die fire grill en wag vir die Pannekoek. Tannie Miena stap na haar karretjie toe, wat so sukkel met die battery en enjin. Sy laai haar bestanddele in, met die hulp van die vriendelike kar wag. Tannie Miena bedank hom kortaf, sonder om hom ‘n rand of twee te gee vir sy hulp.

Tannie Miena dink aan die preek wat Dominee Venter vanoggend gelewer het. Dit het basies gegaan oor medemenslikheid en dat niemand mag die persoon wat langs jou sit in die Kerk mag oordeel nie, maar lief wees vir jou medemens. Sy lees alweer die teksverse wat Dominee Venter gelees het in die Bybel. Romeine 12 Vers 16 – 18. Sy mompel ‘n Amen nadat sy weer gebid het voor sy haar karretjie aan die gang kry, want netnou wonder Oom Dolf wat van haar geword het.

Wat Tannie Miena nie besef nie. Daardie jongman, Jake, het as tiener aan dwelms verslaaf geraak wat amper sy familie se lewens verwoes het. Hy het vir ‘n paar jaar daarna sy ouers vir vergifnis gesmeek en sy lewe reggeruk. Hy het by die kerk aangesluit en sy hart vir die Here gegee. Vandag is Jake ‘n jeugberader wat jongmense soos hy help met probleme soos verslawing. Jake was juis vanmiddag kos by daardie Spar gekoop waar Tannie Miena elke Sondag gaan vir ‘n jeugkamp wat hy beplan om vir die jongmense in die dorp te herinner dat daar altyd hoop is na verslawing en depressie en dat dit nie die einde hoef te wees nie.

Tannie Miena besef nie dat die jong Moeder en haar dogtertjie alleen die mas moet opkom nadat die dogtertjie se pa haar verlaat het vir nog ‘n vrou. Daardie jong Moeder werk baie hard en vir baie lang ure by die plaaslike Spur om kos op die tafel te sit en ‘n dak bo hul koppe, terwyl sy snags studeer om ‘n beter lewe vir haar dogtertjie te bied.

Daardie vriendelike kassier wat Tannie Miena gehelp het om die meel en suiker in die plastieksakkie te sit, moet haar ouers finansieël uithelp met als wat sy het. Sy het ook ‘n jong kind wat nou op skool is en doen als in haar vermoë om haar jong seun in die skool te hou om vir hom die beste opvoeding te gee wat sy nooit gehad het nie.

Die vriendelike kar wag is ‘n student wat studeer om ‘n onderwyser te word, want hy wil ‘n verskil maak in die lewens van kinders wat ‘n goeie opvoeding nodig het en ‘n beter toekoms verdien. Sy ouers kan nie bekostig om sy klasgelde te betaal nie, so hy pas motors op vir ure aaneen vir ‘n droom wat hy vasberade is om waar te laat word.
Ongelukkig is daar mense soos Tannie Miena wat altyd sal oordeel aan die uiterlike sonder om die werklike persoon agter die mens te ken. Mense soos Tannie Miena sal met ‘n Bybel onder die arm oordeel, maar nooit besef wie die persoon werklik is nie.

Agter elke gesig is ‘n storie. Of dit nou van geluk is of van hartseer, pyn en trauma. Elke liewe persoon het ‘n storie om te vertel. Somtyds lê die storie vir jare aaneen verberg, en niemand anders weet ooit die volle waarheid nie. Dan kry jy mense wat nie bang is om hul storie met almal te deel nie.

Die les agter die storie is altyd so. Jy sien dalk ‘n gesig, of iemand met hartseer in sy oë, maar niemand het daardie reg om te oordeel nie. Niemand mag oordeel aan die kleredrag wat meisies in vandag se tye dra nie, of daardie tattoo in mandarin aan ‘n jongman se regte arm nie. Of hoe daardie persoon se presiese houding is op daardie dag nie. Jy sien die gesig, maar ongelukkig vir jou ken jy nie die werklike storie agter die gesig nie.

Advertisements

One Reply to “Tannie Miena”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s