Kosbaar

Ek kan met sekerheid sê dat die lewe is kort en die lewe is kosbaar baie waar is. Een pet hate van my is as mense oor kleinlikhede kla, en dit terwyl iemand op sy of haar sterfbed lê en sy of haar laaste asem uitblaas. Daar is net erger dinge in die lewe as om oor kleinlikhede te kla, soos byvoorbeeld die verkeer in die aande as jy desperaat by die huis wil uitkom en kosmaak vir die kinders. Of as die lyne in die winkels hopeloos te lank is. Ek weet, ek is baie lief om daaroor te kla of ongeduldig raak daaroor as mense te lank neem om vir hul items te betaal.

Ek het weereens besef dat die lewe kosbaar is. Ek het Maandagaand, 16 September 2019, besef dat die lewe kort is. Ek het twee dae vantevore genoem dat enige iets kan gebeur met my en dis hoekom ek Outsourance genader het. En daardie “enige iets” het juis met my gebeur…wel amper.

Ek het Maandag die dag vanuit die hel gehad, as ek dit so moet beskryf. Hierdie Maandag het gekom nadat ek my geliefde Labrador, Sahara, aan die dood moes afstaan weens siekte. Als wat kon skeefloop, het skeefgeloop. Ek was baie emosioneel en moeg gewees daardie dag. Ek het my hond baie gemis daardie Maandag. Ek was desperaat om by die huis te kom.

Oppad huistoe na ‘n eerder baie lang dag het ek besluit om net af te skakel en The Fresh Prince of Bel Air op Netflix te kyk. Dit was net iets om die dag beter te maak, min wetende wat eintlik op my wag. Ek was klaar met Netflix en besluit om verder musiek te luister. Ek was besig om behoorlik rustig te raak totdat ek gevoel het hoe die bus skielik rem trap. Die volgende oomblik sien ek ‘n wit kar voor die bus inswaai en die bus met ‘n baie sterk impak die kar tref.

Die volgende oomblik stamp ek my been, maar genadiglik nie so erg nie. Ek haal my foon uit en probeer my pa in die hande kry. Ek kry my Ma in die hande en dra haar sekerlik nuus oor wat niemand oor die foon wil hoor nie, maar ek las gou by dat ek okay is. My been het effens seer gevoel, maar ek kon darem daarop loop. Ek was meer bekommerd oor die bestuurder van die wit kar, want dit kon vir haar baie tragies geëindig het.

Die ergste ding wat ek na die ongeluk moes doen was om my ma te bel om haar te laat weet wat gebeur het. Ek het kort daarna besef dat dinge soveel erger kon gewees het as wat dit was. Ek kon in die hospitaal gewees het daardie Maandagaand, of dalk erger. En net om te dink dat ek twee dae Outsourance gekontak het.

Hierdie ervaring laat my weereens besef dat die lewe baie kort is. Die lewe is kosbaar. Ek het basies ongedeerd uit die ongeluk gekom, maar hoeveel keer het dit nie deur my gedagtes gegaan dat dit erger kon gewees het nie?

Koester jou geliefdes, koester die tyd saam met hulle. Maak soveel goeie herinneringe en gebruik die slegte tye as stappe en lesse. Die lewe is baie kort. Die gedagtes wat ek twee dae voor die ongeluk gehad het dat “enige iets kan gebeur” gee my absoluut koue rillings. Ek is dankbaar dat ek nog hier is om hierdie ervaring te vertel.

Hierdie les is vir almal. Die lewe is kort en kosbaar. Koester dit. Pas jouself mooi op. En wees dankbaar as jy elke oggend nog ‘n dag kry om ‘n verskil te maak waar dit saakmaak.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s