Sahara

Die gevoel as jy jou geliefde hond wat vir meer as 14 jaar deel was van jou lewe voel asof jou hart uit jou bors uitruk. Daar sal mense wees wat sal sê dat dit net ‘n hond is, en dat ek sommer simpel is om te rou oor ‘n hond. ‘n Verlies van ‘n hond maak net so baie seer as wat enige mens oor ‘n geliefde of vriend sal rou.

Hierdie hartseer dag het plaasgevind op Saterdag, 7 September 2019 toe ek my geliefde Labrador, Sahara, verloor het nadat sy siek geraak het. Ek het alle emosies ervaar, tot ‘n bietjie woede en het hierdie verdomde jaar wat net so baie moeilike tye oor my gebring het, omgewens. Ek het later besef dat Sahara op ‘n beter plek is waar sy geen pyn of lyding ervaar nie. Dit maak nie die verlange minder nie, veral nie as ek ‘n baie slegte dag gehad het nie. Want dit is wat ek die meeste mis van Sahara. Dat sy my stertswaaiend terug verwelkom het by die huis, of die dag lekker was of sleg. Nou is sy nie meer daar nie.

Met al die hartseer, koester ek baie mooi herinneringe van haar. Die warm somer aande waar sy onder my kamervenster geslaap het en waar ek haar stilletjies gegroet het tot waar ek buite gesit het met haar met ‘n leesboek tot sy die leesboek met haar neus toegedruk het omdat sy wou gespeel het of haar kos gehad het. Dit is hierdie herinneringe wat ek vir altyd sal onthou van haar. En niemand sal dit ooit kan wegneem van my af nie. Die verlange is groot. Dit is hier elke dag. Maar die herinneringe is kosbaar.

Die dag toe Sahara die reenboogbrug oorgegaan het, sal moeilik wees om te vergeet. Dit is nogsteeds vars in my geheue, veral die tyd waar ek daardie Saterdagaand omgehuil het van hartseer. Ek troos myself gedurig dat Sahara op ‘n beter plek is. Ek glimlag met elke liewe herinnering wat in my gedagtes opkom en ek glimlag met elke foto wat ek van haar geneem het. Dit is dinge wat vir altyd by my sal bly of dit op my skootrekenaar is, my foon, my tablet of net in ‘n foto album.

Die herinneringe van Sahara is al wat oorbly, maar dit is herinneringe wat ek in my hart het en dit sal ek vir altyd koester. Sahara, my bekkieskind, sal vir altyd onthou word.

Advertisements

One Reply to “Sahara”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s