Buite die Lyne – Jou Erfenis

Hierdie dag was deur my gebruik om my foon af te los want daar was geen manier dat ek wou gepla word vandag nie. Ek het vandag gebruik om my batterye te herlaai. Om Unbelievable op Netflix te kyk want dit is an eye-opener reeks om te kyk. Almal moet hierdie reeks kyk om te verstaan waardeur slagoffers van verkragting gaan. Ek was vandag baie rustig gewees want dit was waarna ek eintlik baie meer gesmag het meer as enige iets anders.

Erfenis dag. Waaroor gaan dit? Gaan dit nou oor om ‘n skaap tjoppie of drie op die kole te sit of gaan dit eintlik oor die melkterte en koeksisters saam met jou koppie koffie te geniet? Dit gaan daaroor op ‘n manier as jy baie trots om ‘n Suid-Afrikaner te wees. En dit is ek beslis. Ek geniet dit om elke Sondag saam met my geliefdes te braai en ek sal my oogtande gee vir melktert of drie stukke suurlemoentert as dit moet. Vir my gaan dit oor wie jy as mens is vandag en waar vandaan jy eintlik kom. Wat is jou herkoms, is die vraag wat ek eintlik wil vra?

Ek is ‘n Suid-Afrikaner. My herkoms is Nerderlands, Frans en Duits. Ek is trots om ‘n Suid-Afrikaner te wees, ten spyte van al die negatiwiteit soos misdaad en korrupsie. Ek swel van trots as jongmense soos die Ndlovu Jeug Koor hul drome uitleef op die grootste verhoog in die wêreld. Ek is trots as elke Suid-Afrikaner groot prestasies behaal. En ek probeer ook my bes om trots te wees op die Springbokke as hulle hul beste gee op die veld daar iewers in Japan.

Ek is meestal trots op die manier hoe ek vandag uitgedraai het, nie dat ek perfek is nie. Niemand is nie. Ek is geleer om uit te staan en uniek te wees. Dat dit nooit nodig is om volgens reëls en standaarde wat mense jaag, te leef nie. Ek is geleer om mense van verskillende agtergronde en alle kulture die nodige respek te gee want almal verdien ‘n plekkie in die son.

Meer belangriker is dat ek moes leer om op te staan vir mense wat nie instaat is om dit te kan doen nie. Ek wou daardie stem wees vir die onskuldiges want ons almal word geraak deur die misdaad in Suid-Afrika. Ek moes kanse vat en buite die lyne te kleur want mense verdien om beter behandel te word. Ons almal het iewers seer wat ons binne ons dra. Ons almal verdien ‘n bietjie geluk iewers langs die lyn. Ek moes dit als doen, al het ek somtyds baie alleen gevoel en al het ek soms ‘n bietjie baie kritiek ontvang omdat ek sekere aspekte anders gesien het as meeste mense.

My boodskap op Erfenis dag sal wees om absoluut trots te wees op wie jy is. Moenie bang wees om uit te staan en net anders te wees nie. Kleur buite die lyne as dit moet, want niemand sal jou hoor of raaksien as jy in jou gemaksone is nie, of verkies om dit veilig te speel nie. Respekteer alle rasse en kulture, want ons almal verdien ‘n goeie lewe. Ons almal is deur God geskape om ‘n verskil te maak.

Terwyl jy om jou braaivleisvuur sit en wonder en peins oor jou identiteit en herkoms, wees eerder trots op wie jy vandag is. Wees jouself, maar moenie bang wees om kanse te waag en anders te wees en net mense se reëls wat hulle vir die wêreld maak, te breek nie. Want somtyds en in positiewe omstandighede hoef niemand mense se reëls te volg en volgens standaarde te leef nie. Die enigste reëls en standaarde waarvolgens jy moet leef is jou eie.

Wees trots op jouself en jou herkoms. Want dit is wat jou uniek maak teenoor die res van die ander.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s