Ons Kinders

Op 8 Februarie vanjaar het Tazne van Wyk, ‘n 8-jarige dogtertjie van Ravensmead, Weskaap spoorloos verdwyn. Die vermiste persone organisasies het oral oor op sosiale media fotos met ‘n beskrwying van Tazne opgesit met die hoop dat sy gou genoeg en veilig gevind sal word. Dit was ook op ons Facebook, Twitter en Instagram profiele gedeel om te help dat sy gevind sal word.

Ek, myself, het met daardie hoop in my geloop en gebid dat Tazne veilig en ongedeerd gevind sal word. Elke Suid-Afrikaner het met daardie einste hoop gesit. Ek het my hoop op my eie persoonlike twitter profiel gedeel. Ongelukkig was daar ‘n deel van my wat geweet het wat die eintlike waarheid is, maar ek het meer gehoop en gebid dat die Here my verkeerd sal bewys en dat wonderwerke in vandag se tyd tog gebeur. Ek het my hoop gedeel twee dae nadat ek my 38ste verjaarsdag op Sondag, 16 Februarie gevier het. Vir my was dit ‘n dag saam met my familie met groot Debonairs pizza en melktert. Vir Tazne se familie, was dit nog ‘n dag van desperaatheid, wanhoop en magdeloosheid omdat hul geliefde dogtertjie nog nie gvind is nie.

Op Donderdag, 20 Februarie 2020, was dit vir my net ‘n doodgewone oggend. Ek was vroeg in Kaapstad gewees, maar het daarteen besluit om te gaan draf omdat dit gelyk het asof dit wil reën. Ek het by die werk my foon uitgehaal voor werkstyd net om vinnig te loer wat op twitter aangaan totdat ek my foon amper laat val het van groot skok. Al woorde wat ek gesien het was Tazne se lyk wat gevind is. Ek was baie diep geskok, soveel so dat ek na aan trane was.

Die videos op sosiale media van inwoners wat uiting gegee het aan hul emosies het my verder ontstel as wat ek gedink het dit sou. Drie jaar gelede was Courtney Pieters se lykie gevind en dit het Suid-Afrika geskok. Dit het my in trane gehad want sy was gevind een dag voor moedersdag. Die nuus van Tazne van Wyk se moord het presies dieselfde emosies uit my uit gebring. Ek was heeldag emosioneel vir ‘n kind wat ek nog nie eens geken het nie. Die verlies oor Tazne het die hele Suid-Afrika laat voel dat dit hul kind was wat hulle verloor het. Tazne het soos my kind gevoel.

Ek was kwaad vir die verdagte, soveel so dat dit aan haat geskaar het want hoe kon hy dit doen aan ‘n onskuldige kind. Ek was woedend toe ek die videos op sosiale media en in die nuus gesien het van Tazne se familie wat huilend vra vir geregtigheid vir hul geliefde. Ek was meer woedend vir die regering omdat hulle ‘n krimineel op parool vrygelaat het, wat uit hul sig uit verdwyn het.

Ek het soos almal gevoel in Suid-Afrika. Kwaad, hartseer en absoluut magdeloos. Hoe op dees aarde kon hulle ‘n krimineel vrylaat op parool? Die president van Suid-Afrika het ons dan belowe dat elke moordenaar en verkragter nie geregtig op parool sal wees nie. Daardie belofte is gemaak voor duisende mans en vroue wat deelgeneem het aan ‘n protes optog in Kaapstad verlede jaar nadat vroue wreed vermoor is. Die verdagte in Tazne se moordsaak het sy eie seuntjie doodgemaak en was gevonnis gewees daarvoor. Wat behoort dit vir die regering alleen te sê?

Tazne was soos enige ander Suid-Afrikaanse kind gewees. ‘n Kind wat net die lewe met soveel onskuld leef dat niks haar sou skaad nie. ‘n Kind wat met haar maatjies wou speel. ‘n Kind wat net baie wil leer en hopelik eendag ‘n verskil in die wêreld sou gemaak het. Wat so hartseer is, is dat haar ouers nooit weer vir haar sal vashou en sê dat hulle elke dag lief is vir haar nie. Hulle sal nooit daardie geleentheid hê om vir haar te vra hoe haar dag by die skool was nie. Hulle sal nooit die geleentheid hê om haar te sien grootword nie.

Ons kinders verdien beter as dit. Ons kinders is geregtig daarop om veilig te voel in ‘n land soos Suid-Afrika. Ons kinders verdien nie om in vrees te leef nie. Ons kinders verdien om bevoorreg te wees op ‘n mooi en helder toekoms in Suid-Afrika. Ons kinders se veiligheid en welstand is van kardinale belang. Die regering het Tazne van Wyk gefaal toe hulle haar moordenaar op parool vrygelaat het. Hulle moet verantwoording doen vir daardie oordeelsfout wat ‘n onskuldige lewe gekos het. Die regering is verantwoordelik en moet regmaak wat hulle verbrou het daar.

En dit is om kinders te beveilig van alle moontlike gevare. Dit is om daad by die woord te voeg en moordenaars en verkragters vir lewenslank te vonnis sonder enige moontlikheid van parool. Die doodstraf sou meer gepas gewees het vir hierdie ernstige gevalle. Daar moet gekyk word na die voorwaardes van parool en wette moet aangepas of heeltemal verander word. Kinders is ons toekoms. Kinders is die toekoms van die hele Suid-Afrika.

Kinders soos Tazne van Wyk verdien geregtigheid. Hierdie keer om moet haar moordenaar betaal vir wat hy aan haar gedoen het. Gerigtigheid moet seevier vir Tazne en daar moet swaarder strawwe gegee word vir diè wat ons kinders vermoor. Want as jy vat aan ‘n kind, vat jy aan die hele Suid-Afrika. Tazne se moordenaar moet boet vir wat hy gedoen het.

quote20200229163448

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s